Wednesday, December 1, 2010

Crocs, een van daai dinge...

Hoeveel verskillende kleure Crocs dink jy bestaan daar...as ek reg getel het in Tekkie Town was daar 19 en 'n bordjie wat gese het "coming soon to a Tekkie Town near you...28 more exiting colours!!".  Kan jy imagine hoe hol die skrefies oge mense rond met hulle Samsung HD kamera fone om die kleure te capture en te begin werk aan die namaaksels??

Sover ek onthou het ek een paar Crocs besit...'n rooi paar...en eerlikwaar ek het gedink my Crocs was die beste!! Dit was toe ons mekaar ontmoet het in die Gateway Shopping Centre op ons matriek vakansie wat ek skoon lis was om net deel van die "ander klomp" te wees...jy weet die klomp wat die nuutste het van als om te kan se "been there, done that, got the Crocs, the new Eden album, the Buffalo sneakers..." 

Dit is nou tipies een van daai trends wat begin het as 'n "oog wenkbrou lig"... toe word dit 'n "oog wenkbrou lig met 'n smile"... ek dink daarna kan jy se dit het toe na "i must have that" begin verander...en vandag het die samelewing en 'n paar mense met slim idees dit gevat na 'n "wat op des aarde?? Ek het nie geweet jy kry Crocs hakskoene nie??"  Ja jy't reg gelees... noem dit en Crocs het dit al probeer of gemaak; soos hulle nuwe "Cove men" trappers; dit is soort van 'n kombinasie tussen my oupa se rol bal skoene en 'n mould wat gevorm was toe 'n olifant in sy eie poef getrap het.

Wanneer is dit ok om Crocs te dra? 

Kom ons kyk....as jy strand toe gaan en jou plakkies is nerens te vinde nie? JA...
As jy gou corner cafe toe ry vir brood en Lotto quick pick? JA....want dis immers die tannie van die corner cafe wat hulle vir jou gegee het vir kersfees!
As jy 'n nuwe trend probeer ontwikkel met 'n rooi en wit kop band, 'n "wife beater" tshirt, 'n Laerskool Wit Blits Koenyne eerste span rugby PT broekie en kouse met Crocs? JA...want dit pas jeel goed by die kommin trend wat Huisgenoot sal beskou as 'n voorblad skokker!!
As jy jag? NEE....bokke ryk plestiek myle ver!

So met ander woorde dit is veilig om te se dat Crocs van pas is vir sekere oekasies en die relevante mense... ek kan nie dink hoe die skoon maker gaan lyk met 'n paar Air Nike's nie...of die bedelaar langs die straat met 'n paar Italiaanse kokkorot skoppers nie, selfs 'n mechanic met Crocs nie?  Sien... sommige van die kombinasies werk en sommiges nie!!

Het jy geweet dat Crocs eintlik ontwerp was as spa skoene? Ja...in 2002 het 'n slim oom wie se vrou hopeloos te veel tyd in 'n spa spandeer het, gewonner hoe gaan hy die vrou yt die spa gaan kry.... en toe val dit hom by; ontwerp iets wat jy moet dra, maar nie naastenby jou smaak is nie (iets leliks, iets vanyt 'n ander wereld...iets wat kinders maak bome verf en Player 23 famous maak) en jou sodoende af sit!!  Soos 'n siel op 'n verlate eiland op en af spring na die lig van 'n skippie het hy die "oog wenkbrou lig" kyk gekry... en dit was die begin van die revolisionere Crocs, wat nou beteken sy vrou is meer in die winkels met haar nuwe Crocs as by die spa!!




Waas jou Crocs? Het jy 'n plan om jou partner weg te kry van iets wat jou rigkrap of bier oopmaak tyd belemmer? Wanneer laas het jy 'n kint met Crocs gesien en sy 16 jarige broer langs hom terselfdetyd? As jy my vra...is Crocs net een van daai dinge!!

No comments: