Friday, December 17, 2010

nog 'n dag ini son met 'n bedel bord

Wat is meer opvallend vir jou, iemand wie se bedel bord sy naaktheid versteek of iemand wat fudge op die warmste dag aan jou try verkoop by die toegee teken?

Volgens my het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom; ek glo daar is 4 verskillende tiepe mense of  "groepe" wat jy vanuit jou kar gewaar op 'n daaglikse basis.

Die eerste tiepe wat 'n rond le ADT bord sal vat en iets kreatiefs met hom doen of met hom probeer bou, soos 'n hoed of 'n skinkbord of klomp brille aan hom hang en dit dan aan jou probeer smous... teen half prys elke dag net vir jou!

Die tweede tiepe wat 'n ADT bord van jou hek sal af steel en met een van laasnag se verbrande stukkies hout op die bord 'n boodskap skryf wat gan maak dat jy as die pad verbruiker hom/haar geld sal wil gee.

Die derde tiepe wat nie eers wil opstaan om 'n ADT bord te probeer steel nie want hy/sy is te moeg vir die lewe wat hom/haar so hanteer, hoekom moet hy/sy vra vir werk as hy/sy heel happy is met 'n bier en spirits broodjie?

Die vierde tiepe is soos Riaan die nuus omsender wat sy pruik verloor tydens die hooftrekke om 7 uur; almal weet van die pruik maar niemand verwag om dit gereeld te sien gebeer nie maar as dit doen, is dit skreeu snaaks!! Soos die fietjies wat glasse in hul hande vas gips en bedel vir geld voor sy trou dag!

Jip, dink gerus mooi daaraan; jy het tien teen een vandag een van die 4 siele gewaar

Ek moet se uit die klomp tiepes wat ek benoem het is die tiepe vir my een van die wat ek graag eerder sal ondersteun as ek moet, die trotse besgheids eienaars van ons samelewing, groot koppe soos Bill Gates en Hasjan Naidoo van Naidoo en Kie het nie eers entrepeneurs vernif en dryf krag soos die klomp nie!
"look I see you want these glasses, they are pafect jus for you my boss, I make you good price today...ok  for you is for free, take it please, here is yours boss!" 
Ok hoor jy daai rewinding tape sound in jou kop en sien jy hoe Gert in sy safari bruin Land Cruiser langs Tsepo wat so breed soos 'n hang brug smile saam rewind.... goed nou is ons weer in die hede; Gert het sopas een van sy skape by die slaghuis afgelaai en is oppad Grasdak toe vir sy pub lunch wanner die robot rooi slaan en hy moet stop, toe Steve se "liefling" opkom besluit hy om sy ruit af te rol en sien Tsepo dit as 'n teken van belangstelling, Gert lig sy regter oog wimper en kyk so 5 grade links verby Tsepo na die blondie in haar Chevy Spark, maar Tsepo sien net een ding en dit is die wins wat hy gaan maak op die een.  Min wetende wat volg; Gert het toe nou nie sy bril aangehad nie en toe hy die klomp op Tsepo se bord sien onthou hy dat hy skoon vergeet het, Tsepo het natuurlik net meer aanleiding gevind daarin, hy staan voor Gert se arm wat ythang en begin sy inleiding... soos wat hy aangan probeer Gert sien wat die blondie se bumper sticker se tot die oomblik waar Tsepo jeeltemal sy uitsig belemmer en Gert dit verloor met 'n grom soos 'n boerboel wiese been van hom af weg gevat word...Gert het hom een kyk gegee en twee kyke na die bril in sy hand, Tsepo het sy lewe voor sy oge sien verby vlieg en die voorlegging kort geknip met die woorde soos hierbo...."ok for you is for free, please take it, here is yours boss!"

Ek sien elke dag dieselfde een van die volgende soort op dieselfde blerrie spot oppad werk toe, en elke dag se sy bord "I will ratha die then stealing from you, please help me with food or money, God bless..."  die ironie is dat elke keer as hy by my ruit kom gee ek hom iets en elke keer lyk hy so verbaas soos die vorige keer, die beste is dat as ek vir hom 'n appel gee i.p.v R2 sal hy my diep in die oge staar en sy onder lip begin vorentoe stoot asof hy iets probeer proe, en vra "but ay boss why only apple today?"
Ja verseker dink jy nou die ou staan jeeldag in die son met sy voete wat al in die teer ge imprint is net vir 'n appel as hy gebargain het op R2?  Ek meen dink by jouself hoe jy sou voel as jy jeel jaar lank werk en beplan om vir jou 'n nuwe rekenaar keybord te koop met die bonus wat jy gaan kry soos al die vorige jare...en wanneer dit bonus tyd is kry die hele kantoor 'n garage pie en half dag se werk??  Pheeeeeeeeeew jy gesien hoe blaas 'n kleintjie 'n ballon op en los hom laat hy so wapper en blaas tot by die grond... dis wat ek sien as ek die situasie so benader.

Hier is my top vyf ADT bedel borde;

1. Ek het 6 kines, geen huis, geen klere, geen geld, help asb. (meskien as ons weet hoeveel vrouens jy het kan ons verstaan en help)
2. Painter 083 245 5555 (kan jy tuin spit Sipho?....yes fo sho boss...spring lat ons gaan)
3. Very good painter, phone dis tickie box and ask for Regie (met daai kwas van jou gaan my huis nie geverf word nie hy gaan getransformeer word in 'n Italiaanse stucco tegniek)
4. Flip me a coin and let me make your day! (emmm....hoe gaan jy vang met net een hand wat alreeds die bord vas hou?)
5. Die prentjie van sy ongeluk wat hy gehad het 2 jaar terug, dit wys hoe 'n taxi hom raakgery het en die bord se; I have beeg ecedent, need to go for operation please help. (toemaar ou maat ons almal het grys hare van taxis)

Moet my nie verkeerd verstaan nie,  as daar nou een persoon is wat 'n sucker is vir die klomp is dit yours trully, as ek het sal ek help maar soms kan ek nie eers my eie garage pie eet by die volgende robot nie want wat moet ek vir hom se as hy vra of ek vir hom iets het om te eet?? "Nee skies ou maat die is nie my pie nie dit is my baas sin..."
of
Ek kan vir hom R2 gee wat beteken ekke het die siel betaal sodat ek my eie pie kan eet?

"Dsy my china van another mother, isit jou biert om vanag se spritits te koop of my beert omit te watch wylit drip deri broot?" Hoe miserable moet jou lewe nie wees as jy elke dag by dieselfde kafee dieselfde bottel laat re fill met spirits en die korsies wat die brood snyer gesny het zap oppad yt nie... elke dag dieselle poering sonner sous en die enigste opwinding is as Chubb jou jaag vir die kint wat jy getrip het!

Om op die punt te kom waar so tiepe mens is moes daar werklik baie gebeur het, wat enige mens seker sal verstaan as hy sy storie ken?  Die vraag is het hulle gekies om daar te wees of wag hulle nogsteeds vir hul big break?

Herhinner asseblief jou verloofde om nie eendag soos 'n balarina met 'n barbie tiara wat 2 shrek koppe aan beide kante het en geel crocs aan sy voete by die Zambesi robot te wals op die ritme van Mambo number 5 nie, dit is nog erger as hy dan nog 'n blikkie Black Label aan sy linker hand vas gegips het! (Dit maak die mense se kinners bang en dan sodoende hulself ook)
Nee, vra hom om liewers by die plaaslike Crazy store vir hom 'n Batman suit te koop en te maak of hy een of ander politieke jeug leier van sy troon gaan beroof, en dat hy donasies nodig het om die hek wagte om te koop... ek kan jou waarborg dat daar steeds mense en veral kinders is wat glo in Super Heroes saving the day (wel saving the country in die geval).
Ek weet nie wie so 'n tiepe tradisie wil begin nie... ek glo nogsteeds vas dit was die idee van 'n vrou wat 'n fantasie gehad het van haar man in 'n kleding kombinasie van uit 'n ander wereld, en die man besluit het om maar 'n paar sente bymekaar te skraap vir die eerste beste bus kaartjie Karoo toe!

Daar is klomp van die tiepe mense daar buite, hulle almal wil seker graag beter wees ek is oortuig daarvan, die probleem is hulle het nie waagmoed of ondersteuning nie... dalk as jy volgende keer vir hom R2 gee kyk hom in die oge en se iets wat jy dink hom sal help, moenie net die ding in sy hand druk en jouself oortyg dat jou budget dit toelaat nie, of meskien as jy volgende keer 'n charger langs die pad wil koop betaal die kallant sy volle prys...hy moet ook seker iewers 'n winsie maak?  Ek glo as daar een bord bedelaar 'n verskil kan maak is dit een minder om voor R2 te gee elke dag?



Wat gaan jy vandag doen as jy daai lat sien dans met die wit kalk wat hy mee gebad het vanoggend oor sy lyf , gaan jy jou musiek harder sit dat hy meer dans of R1 gee sodat hy kan ophou?  Is jy opsoek na 'n Blou Bul try vir vanaand se game, want op die hoek van Pretorius en Hilda verkoop hulle die truie met 'n free karwas coupon of wens jy meskien jy kon 1 van hulle help om vandag net botter op hom/haar broodjie te sit en te herhinner hoe mens brood eet?!  Moenie vergeet om die bachelor feetjie sterkte toe te wens met sy pad vorentoe nie... want hoe okal hy lyk sy vrou se fantasy eindig nie daar nie...

Gaan vote op die pole aan die regter kant as jy graag wil!!
Of comment met die beste bedel bord quote wat jy al gesien het!

1 comment:

Swartskaap said...

Hahahaha!
Ek het nogals jou artikel geniet!