Thursday, December 2, 2010

1 ply, 2 ply of 3 ply met kastele?

Waarmee sou jy jou winter neusie afvee as die tissue boks klaar gebruik was vir Dinsdag aand se Greys Anatomy? Defnetief nie oupa se sneusdoekie nie en ook nie jou Powerhouse hemp se mou nie... dus is daar net een opsie; TOILET PAPIER!!


Ek wil nou nie hoes poep of skinner nie, maar lavatory papier is soos 'n Ford met 'n alarm; hulle is volop, in sommige valleys meer as ander... almal het al een of ander tyd in een gery of een besit, almal ken dit al van hulle kan onthou, hy sal jou beslis help as jy ini k*k is (met sy jaag vermoe) en as jy een gaan steel sonder toestemming het jy 'n baie omgekrapte eienaar!!


Dit was 'n dag wat hy nie sommer sal vergeet nie, die pad was lank en die peanuts lekker, toe hulle eventually by die one-stop intrek, moes hy homself verskoon vir 'n oomblik... wyl hy sit soos 'n hoener op haar nes lees hy een van die skaamste badkamer deur graffiti nota's "if you look to the left you won't find the toilet paper on the right... solli". Net daar sak sy gemoed en skryf hy langs die res van die replies; "what a country"!
Die res van die storie kan jy gerus gaan lees op die facebook group Solli stole the toilet paper!!


Die moral van die storie is dat boom blare nie werklik die alternatief is vir die soort noodgeval nie... ek is seker daarvan Jannie sou veel eerder wag tot die naaste Solli's corner.  Sien dit is moeilik om die lewe in te dink sonder toilet papier, vir sommige mense is dit hulle brood en botter "need" en vir ander is dit net 'n belangrike "need", veral as jy boontjies saam jou toast geniet!


"In Ancient Rome, sponge on a stick was commonly used, and, after usage, placed back in a bucket of saltwater."  Hoe bly is ek nie dat ek in die 1900's gebore is nie... dink glad nie dat 'n springbok stertjie op 'n riet so lekker sou werk nie!


2 Ply...or not 2 ply?  That is the question....


Wat is jou antwoord? Of would you like to phone-a-friend?  Wag... as jy 2 ply gebruik kan jy maar opsie phone-a-friend kry, maar as jy 1 ply gebruik het ons vir jou 'n spesiaale opsie...send-a-pleasecallme!!


Sien wat maak dat jy eerder 2 ply koop in plaas van 1 ply?  Is dit omdat jou pa 'n goue kaart het of omdat julle die hoek erf besit in singel 7??  
Wat maak dat jy 1 ply koop?  Is dit omdat jy 1 ply 2 times gebryk of omdat die corner cafe 'n ytverkoping op hul 2 ply gehad het?


Sover ek onthou weeg een ton vere net soveel soos 1 ton klippe, die twee tiepe rolle is ewe groot, rol net so vinnig soos die ander en albei is wit??  Behalwe nou die met die klein hondjies wat toe nie so oulik is soos die met daisies op nie, dis okay... ons verstaan as jou badkamer elke maand 'n tema het hoor!


Toilet papier word soms gebruik vir doelgerigte situasies, as tant buurvrou kom kuier sal daar 'n 1 ply met honne rolletjie wees maar as tant baasvrou kom kuier sal daar net 1 ply wees want die volgende topic aan tafel sal beslis nie handel oor die kwaliteit van die toilet papier nie, veel eerder die boontjies wat so loshandig by die vleis sous gevoeg was wat gaan maak dat hulle moet terugkeer vir rondte 2!   
As jy jouself dan in singel 7 bevind en die skoon familie van die ander kant van die treinspoor af nooi, sal die eerste topic van die aand wees "wanneer braai ons weer bitjie boontjies en kool op die weber?"  Die kreideniers ware kas sal ook sodoende 'n paar rolle kort wees aan die einde van die aand!




Het jy al 'n Ford gesteel en gemaak of jy dit leen? Is jy die skoon ma wat hou van boontjies en kool geregte, dink jy Solli sal vergewe word as hy en Jannie mekaar moes ontmoet op E tv se Forgive and forget of sien jy 'n gaping in die mark vir 3 ply met kastele op??



1 comment:

Cornea said...

2 ply with butterflies!