Sunday, December 5, 2010

dis nie 'n mullet nie...dis 'n moely

Dit is lank, hang soos klomp verlepte riete aan 'n damwal en gaan gewoonlik gepaard met 'n giftige snor;  ja jys reg... 'n Mullet pappie!

Die een ding wat ek al geleer het met die soort van onderwerpe is dat jy eers moet seker maak jy verstaan waarvan jy praat, hoe verstaan jy self waarvan jy praat? As jy dit leer, proe of het!!  Ek dink nie mens kan 'n mullet leer nie, nee hy is beslis nie slim genoeg daarvoor nie, stem jy saam as ek se dat jy hom beslis nie kan proe nie?  Tensy... Sarel met sy dubbel Wellington en Coke Zero oppad na sy gunstelling boom toe verby Gertryda wat die koek sny; loop... dan per abuis oor 'n klein rots trip en homself recover (met 'n move wat nie eers die kaptein van power rangers kan spel nie)  maar nie agter kom dat sy mullet die koek geverf het nie.  Wat dan natuurlik beteken een of ander kint by die partytjie gaan 'n mullet streek in sy koek he... en dit dan sodoende proe!! Laastens as jy dit het; wat mos beteken jy groei al aan een vandat jou pa gevra het gee my die blerrie spennir en jy se ek het nie sy nommer nie??

Die vraag wat tien teen drie dwaal in jou kop is seker "het jy dan 'n mullet?"


Eerstens nee ekke het nie 'n mullet nie... ekke het 'n MOELY gehad toe ek dummies met glycerin gesyg het en prams gerol het!! So ja... ek het volle toestemming van die national board of "so you think you can mullet" gekry om te se dat mullets aanvaarbaar is!

Wie het besluit dat 'n mullet in dieselfde katogorie as 'n Uno met plastiek spinners geplaas moet word?  Hies vir jou nog 'n vraag; wie het besluit dat die nuus eers na 7de laan ytgesaai moet word? Eintlik dink ek die SABC het... maar in elkgeval die feit bly staan dit is net so, dis 'n feit soos 'n rots en 'n rots is mos 'n rots?!  
Die verskil is dat alhoewel 'n mullet eintlik jeel onbeskaafd voorkom is dit vir jou as mullet eienaar om te besluit of jy dink dit is van pas of nie, dan oorweeg jy of jou ouers dink dit is oulik, en eers daarna vra jy jou plaaslike apteek kassier skelmpie of sy daarvan hou... en as sy se "nee ek is nie seker nie" dan herhinner jy haar net gou weer en se "ja jy is Gertryda, neh?"


Kyk daar is mos verskillinde tiepe mullets, jy kry die wat te veel pampoen geniet het en asgevolg daarvan meer 'n skaapvel soort mullet het, dan kry jy die byvooregtes wat met 'n straightener oor die kop geslaan was toe hy in die Transkei hospitaal teen 'n suster se gesig gepiepie het, wat beteken sy mullet is meer 'n kameelstert soort, dan is ek amper seker die klomp met donsies kan ook kwalifiseer as hulle dit laat relax (weet die wat jy in die kafee koop..."relaxer"... en nee dit gaan nie werk as jy 'n stresvolle dag gehad het nie), maar ek dink selfs al relax die donsies sal dit maar steeds meer soos 'n veld lyk wat pas gebrand het!

Hoe lyk 'n mullet?

'n Mullet is iets wat jy op jou kop groei, mans doenit, seuntjies doenit, meisies doenit, vrouens doen dit en Patricia Loos het vergeet om haar mullet te trim al so 10 jaar terug, hulle is al skoon goud van al die jare se "ek dink aan Stevie Wonder" kop skittery op stage!  Die idee is om jou hare aan die agter kant van jou kop te laat groei en nie te skeer of knip as jy haarsalon toe gaan nie (en nee jy gan nie minder betaal nie), dan na die 5de afspraak wat jy die haarkapster mooi vra om nie jou mullet te knip nie gee jy haar opdrag om die kante van jou kop te skeer asof jy pas die Suid Afrikaanse polisie mag gejoin het, en laastens moet jy die kuif trim laat dit van voor af lyk of jy nou 'n kar gaan koop! (Besigheid voor en speeltyd agter)
Sodra jy by die salon uit stap... sit jy met 'n probleem; jou lewe het dan pas verander, as jy by die BP garage gaan ytklim om jou kar se wiel te pomp gaan die petrol joggie jou vra om nie die mense se wiele te try steel nie, en as jy by Woolworths in stap om jou ma se rekening te betaal gaan die kassier jou naam op haar mense-om-voor-te-bid-lysie-opsit!

Ek dink tog op die einde van die dag is daar 'n paar voordele verbonde aan die hele mullet revolusie,

1. Jy is nie alleen nie, daar is nog soos jy!
2. As jy 'n snor by groei kan jy 'n free blikkie Castrol olie kry as jy jou kar vat vir 'n vallet.
3. Jy dra by tot ons land se karavaan gemeenskap, want watter tiepe skelm gaan jou probeer beroof as hy 'n Uno, 'n rotweiller met 'n gold chain en 'n mullet op een stand in die local karavaan park sien staan?
4. Jy kan mense flous deur te se jy groei jou hare vir mullet-cember...
5. As jou vrou jou vra om 'n nuwe mop te koop kan jy net vinnig deur die huis op die vloer seil soos 'n ertwurm en oppad verby die kombuis se "sal more weer 'n mop gaan koop skiet jy net vir my nog 'n bier as ek verby gly..."
6. Jy is baie jong kinders in Laerskool Duskant se held!

Probeer gou by jouself hierdie volgende paar prente insien, Riaan Krywagen "welkom by die nuus om 7" met 'n mullet (hy is byvoorregd hy kan elke dag 'n nuwe een op sit?) of wat van Derek Carteblanch "on tonight's show we look at something different..." kan jy vir Francois Hougaard die bal sien paas sonder 'n mullet?  Ek kan die een baie duidelik sien... die ANC jeug leier wat 'n joernalis uit sy revolusionere Corner cafe jaag met sy mullet ... "don't come here with your tendency, it's not a mullet it's a revalutionary moely u egent!!"


Vra maar enige geoloog, google search bar of kroeg eienaar, almal sal vir ou dieselfde se as dit kom by wie die mullet ontdek het, hier is die resultate;

Gerrie die geoloog;  "...it are was derived from the Great Sphinx in Egypt...look fors yourself if you dont belief me..." (http://www.plagueofthemullet.com/History%20of%20The%20Mullet.htm)


Google search bar; "did you mean founder of an unique generation?"

Kroeg eienaar; "daar is net een mens wat die mullet ontdek het... die een en enigste hier voor jou, nou wat isit wat jy soek want lyk my ons het nie meer baie Oros oor nie..."



Weet jou skelm dat jy jou hare groei vir mullet-cember of groei jy dit omdat jy weet vandag se 6 pack bier gan maak dat jy aan die einde van die maand nie 'n mop gaan kan bekostig nie?  Voel jy net goed oor jouself en hou daarvan as mense wil fotos neem met 'n hemp wat se mulletsarecool.com of sal jy dit waag om die ANC jeug leier in sy eie Corner Cafe te vra watse tiepe mullet hy groei?!

No comments: