Thursday, December 9, 2010

'n salaris is mos...

Kan jy nog jou eerste official salaris strokie onthou?  Ek praat nie van die sakgeld wat jou pa vir jou gegee het en jy vir hom 'n strokie wat se "dankie pappabeer" gegee het nie; ek praat van die ding wat jy of in die pos of in jou hand gekry het en jou hart vinniger laat klop van blydskap, maar jou toon spiere laat saam trek toe jy sien hoeveel tax jy sopas betaal het!!

Ja dit was so lekker gewees, ek onthou nog op skool kon ek altyd myself sien skree op my baas eendag as hy my eerste pay tjek in my hand steek..."jes!! jes my eerste pay tjek jis nou kan ek vir my kaskar 'n enjin koop" ek dink die baas het sommer 'n mid life krisis net daar stig, want hy mis die dae wat hy bly was om 'n salaris strokie te kry maar vandag as hy een kry dink hy aan al die dinge wat hy met die strokie kan maak en dan hoor jy 'n stem vanyt die kombuis..."Bolletjie blom het jy onthou om my afspraak te reel vir my pedicure more?" 

Iemand het eendag 'n baie wyse stelling gemaak, sy het gese moenie jou standarde verhoog volgens jou salaris nie!! Met ander woorde, Gertjie kry 'n salaris van R400 'n maand want hy is 'n gesig verwertjie by Spur, hy het besluit om R200 'n maand te vat en vir Levinja te vat vir 'n small milkshake by die drive thru, dan R50 vir sy sigarette, nog R50 vir die maand se Huisgenoot en 'n boks sneusdoekies, dan R80 vir petrol vir sy scooter en die res spaar hy!  Die voorwaarde was gewees verf 10 gesigte 'n nag en hou die kiners van die gly planke af as hulle nie weet wat die verskil is tussen groen of rooi nie, wat nogals jeel maklik was vir Gertjie, tot ou Vinja'tjie besluit nee sy wil graag 'n nuwe rokkie he vir die sokkie Vrydag aand by Laerskool Plaashaas!!
Gertjie was nie van plan om toe te laat dat sy goose na 'n sokkie gaan met opgeblaasde wange en 'n lipwat op die grond sleep nie, so toe begin hy 20 gesigte verf 'n nag en bied 'n seminaar aan by alle skole oor die verskil tussen groen en rooi, wat natuurlik sy baas baie beindruk het en vir sy harde werk het sy baas hom beloon met 'n verhoging; R520.50 'n maand!!  Ja die logiese ding was gewees om vir Vinjatjie haar rokkie te koop, maar hy het nie daar opgehou nie, nee Gertjie kon nie die nuutse Sims rekenaar speletjie deur sy vingers laat glip nie, en nog minder kon hy ook nie toelaat dat sy Huisgenoot kolleksie leeg staan sonder die "30 dekades van goue Huisgenoot voorblaaie" nie. So as ons vinnig sy somme bymekaar tel sal jy sien dat hy terug is by sy eerste dillema (wat nie werklik een was nie) van net R400 'n maand, want die ekstra geld was geblaas soos 'n trompoppie wat chappies koop by die kafee! 3 Maande later drink hulle 2 love birds nie meer small melkskommels nie en ry Gertjie nie meer scooter nie, hulle drink nou large cocktails en Vinja het 'n rokkie vir elke okasie!! 

Die ironie van die storie is Gertjie het nie sy standaarde verhoog nie, Vinja het!! Wat 'n kerel nie vir sy Vinjatjie sal doen nie? 

Wat is die heel belangrikste woord wat jy op jou voor kop moet skryf as jy jou salaris strokie kry?

BUDGET

Ja, die woord is soos 'n spaarwiel, almal weet hulle het een in hulle kajuit, almal weet as hulle hom nodig het sal hy daar wees maar as jy hom nie kort kort inspekteer en kyk of hy nog hard genoeg of selfs nog daar is nie, gaan hy jou bitter min baat as jy terug ry vanaf die karoo en jou linkerste agter wiel besluit om te bars! So m.a.w ons weet ons moet budget en ons weet ons kan budget, maar dit is nie aladag sommer so maklik nie, sommige van ons sal veel eerder die gras gaan sny en die budget in ons kop ytwerk of ander sal wel die regte ding doen deur vir hom/haar 'n lemoen sappie skink en excel spreadsheets op gaan trek om elke pie, suigstokkie en bottel brannewyn wat gekoop was aan te merk..."kan ek asseblief 'n strokie kry vir die lemoen wat ek nou hier by jou stalletjie gekoop het hier op straat?"  arme vlippen Soufie het nou regtig nie gedink die dag sal kom wat sy haar pen gaan moet ythaal en 'n strokie moet ytskryf nie..."ehh...misies hef you sum pepe for me so I can tick one orange bought today...?"  Nee jammer dit is ongelukkig nou maar so, kan jy dink hoeveel papier word gemors deur al die strokies wat ytgedeel word, ek kan sien hoe ons veel eerder daardie papier kon gebruik vir beter 1 ply toilet papier of selfs groter Huisgenoot middel blaaie?

Die kuns van die game is jou timing, ek noem dit die "5 days of I love my salary plan" ; die idee is dat jy moet seker maak dat as jy jou geld op die 25ste van elke maand kry jy jou debiet orders eers op die laaste dag van die maand laat geskiet, die rede daarvoor is dat jy 5 dae het om jou salaris te geniet, wie hou nie daarvan om 'n saldotjie te sien wat meer as 1 nul bevat nie?? So wees slim en geniet elke liewe oomblik van daardie 5 dae en troos jouself met die feit dat as jy more sou omkap (binne die 5 dae natuurlik) jy met 'n heftige salaris die emmer loop skop het, vat die tyd om alle onduidelikhede met die bank uit te klaar sodat wanneer hulle by jou rekening ingaan hulle kan sien jy meen besigheid, wie gaan jou glo met 'n R54 saldo'tjie?  As jy geld trek by die ATM los jou strokie per abuis langs die asblik, sodat die volgende kallant wat jou gemors gaan optel kan sien en wens hy kom ook op 'n punt waar sy saldo so lyk en hy sy strokie ook daar kan los (ek het altyd gewonner hoekom mense hul strokies aspris laat rond le by die banke) en laastens maar nie die minste nie, op die aand van die 5de dag wyl jy in jou bed le en wag vir die boodskappe wat se jou debiet orders is suksesvol, kry vir jou die bottel wyn yt die yskas wat langs maand 3 sin staan, 'n stukkie brood en dan die nuutste weergawe van "how to make bread taste like chicken"...en laat dit begin; 25 dae van hoener spices, brood, 2 minute noodles, water, etes by jou ma se huis, water met ys en 7de laan sonner popcorn!!  Ek werk nog aan my "25 days of I need my salary plan" weergawe...

Wie gaan jou jammer kry as elke maand hoener spice op bruin brood korsies gooi om jouself te oortuig jy eet KFC?  Daar is net een manier om jou salaris te geniet en dit is om te kies of jy wil sukkel, of om dit wat jy het reg te gebruik en 'n stalletjie oop te maak wat piesang koeksisters te verkoop reg langs die corner cafe wat nooit piesangs het nie!!  Mense is genyg om net te se ek wil nie of ek hoef nie...ekskies ou maat...is dit wat jy vir jou ma gese het toe sy se eet jou ertjies??  Beslis nie, so wat is jou verskoning?  Klim uit jou swart sakkie met die "ek is jannie jammergat" plakker op en doen iets daar omtrent, begin jou pa se gras weer sny al beteken dit jy kan jou kar onder skaduwee stop vir 'n dag, was die buurt se vensters al beteken dit jy kan by elkeen 'n bladsy uitskeer van die Huisgenoot en moet nie huiwer om die tannie by die straat oor te help nie want sy GAAN vir jou 'n melktert bak!!




Is jy besig om aan 'n plan te dink vir ekstra paar sente, dink jy Gertjie moes dalk eerder vir Vinja se dat it aren't the fewers that makes the bird of wil jy graag een van my "5 days of I love my salary plan" boeke bestel?  Wees 3% anders en maak dat jy die verskil!

No comments: