Monday, December 6, 2010

noot vir noot + onestebo baadjie = R50'ies vir jou

Hou jy van musiek?
Hou jy van mense wat dromme speel soos 'n panda wat 'n oordosis coconut skille gesluk het?
Hou jy van R50'e wat ytgedeel word asof dit lente dag is?  Of hou jy net pleinweg van die feit dat jy dalk slimmer is as die persoon wat nie die liedjie herken nie?

As jy meer as 1 keer ja gese het sal ek jou aanraai om solank vir jou 'n koppie tee te maak want die gaan jou teetjie soveel beter maak smaak... en as jy elke vraag ja beantwoord het wil ek net vir jou se Johan ek is byvoorregd om jou op my blog te sien lees!!

"Vanaand verwelkom ons eerstens hier duskant my linker skouer vir Saartjie van Posmanskloof in die vere weste...." Saartjie is besig om na die kamera lens te staar asof hy die toekoms voorlees, sy kan nie verstaan hoe die swart ding als wat Johan se al begin skryf  het voor hy kon praat nie, "jis ek like jille nuwe gypsy tegnologie, ek soek ook so toekoms lesertjie?" Johan vra haar wie sy graag wou groet by die huis, Saartjie staan en wonder vir 'n oomblik, en soos 'n Gr2 laaitie onthou dat hy die bad water oop vergeet het onthou Saartjie eweskielik sy't vergeet om haar man se bier in die yskas te sit, "ja o jis" se sy... "Fanus Jr. sit jou pa se v#kkin bier ini yskas en herhinner hom om vir oom Karil te mxit en te se ek hoop hy tape my oomblik van fame hier...o ja en wil net graag goeie naand se aan almal wat my ken maar jil bo aan my list; Spanner dankie dat ek jou scooter kon leen sonner jou petrol bydrae sou ek dit nie kon maak tot hier nie!"
Toe die "applause" teken aangaan vir die crowd spring Saartjie kollega van die slaghuis op en begin 'n slow clap wyl die res van die gehoor in skok sit en die ouderdoms beperking soek op hulle studio kaartjies... die slow clap het al hoe vinniger begin gaan en dit was toe wat Johan besluit om haar R50'ies te gee sodat sy kan sit en hy kan aanbeweeg na die volgende deelnemer toe!

Kyk as daar nou waragtig niks beter is om te kyk op televisie nie is Noot vir Noot defnetief die een program waardeer ek sal stil sit gedurende die advertensies!!  Die rede hiervoor is nie omdat ek te ly is om vir my 'n teetjie te gaan maak nie maar werklik net as gevolg van die feit dat ek nie kan bekostig om iets soos 'n Saartjie van Posmanskloof voorstelling te mis nie... dit is vir my soos 'n ou tannie wat 'n loop raam nodig het; dit help haar makliker en beter loop maar sonder dit sal sy jeelwat sukkel om die noeb in sy Mercedes by die voet oorgang strepe te intimideer, kan jy sien hoe die antie haar loop raam vir die kar swaai soos Thabo Mbeki sy arms swaai wyl hy dans?
Ek onthou goed hoe ek in die begin verveeld geraak het met die hele opset van Noot vir Noot, totdat ek begin kyk het na die prentjie buite die boks (nee nie die foto langs die boks TV nie) en besef het dat daar 'n ander dimensie betrokke is by die opset!! Alhoewel in hedendaagse tye kyk ek nie meer die Noot vir Noot ding nie, almal van ons kom op 'n punt waar ons vorentoe beweeg en beter en meer indrukwekende dinge soek, en is dit hoekom die enigste ding wat ek soek en voorentoe beweeg na 'n blerrie TV is om die storie op te kyk!!  Tant Floris het my en my worshond verban om te gaan TV kyk na daardie dag (lees gerus meer op http://www.worshondeetbudgie.co.za/)

Ek weet nie of jy al so opgelet het nie maar ek dink Johan het onderlangs probeer 'n nuwe fashion revolution begin?  Huisgenoot het hom in 'n onderhoud eenkeer gevra waar hy die onder baadjies vandaan kry, sy antwoord daarop was singend;  "dis 'n oner baadjie dis 'n bo baadjie dis 'n onestebo baadjieeee..." as ek reg onthou was dit daar waar Mr. Price besluit het om die kontrak by die prokereurs te los en is dit hoekom ons tot vandag toe nog nie een van sy unieke nommertjies kon koop nie!!  Wat sou die show nou wees sonder Johan en wat sou Johan wees sonder sy onestobo baadjies?

Noot vir noot is soos die son, hys altyd daar maar as jy te lank vir hom kyk mag jou lewe dalk verander!

"As jy die enetjie regkry het jy R50'ies in jou sak komplimente van Absa bank; vandag, more altyd saam!!"
Al ooit gewonner waarvoor al jou bank koste gaan of hoekom jy moet betaal om 'n bankstaat te trek van vroeer as 3 maande?  Wel ek gee jou drie raaie waarvan slegs een tel, en as jy hom reg kry is R50'ies joune!!
Wat my pla is wat gaan Johan met komplimente weg gee as Absa belsyt om te onttrek en Sasko sien 'n gap..."as jy die enetjie regkry het jy 'n vars verpakte volgraan brood in jou sak komplimente van Sam die Sasko man, brood vir 'n noot en noot vir 'n brood!!



Het jy toe 'n teetjie gemaak na jy meer as 1 keer ja gese het of  dink jy aan 'n idee vir 'n onestebo baadjie clothing line? Weet jy van iemand wat kallante met troeteldiere sal toelaat vir 'n noot vir noot sessie, wens jy dat jy kon dromme speel soos 'n panda wat coconut skille sluk of kan jou TV slegs SABC 1 opvang (wat beteken jy kyk a Samusa for Tune)

No comments: