Tuesday, December 14, 2010

watsie verskil tussen A en B?

Ek is seker daarvan as jy moet begin dink aan die eerste ding wat jou gedagtes binne vaar wyl jy aan jou persoonlike weergawe van A en B dink, sal dit nie naastenby dieselfde wees as die Wimpy kelnerin by die Mall sin nie.  Ek dink die algemene afleiding wat ons hier kan maak is dat daar derduisende tiepe A's en B's is?

Kan jy die eerste keer onthou wat jy leer spel het? As al die woorde nie maar net uit 'n A of 'n B kon bestaan nie... kan jy dink hoe maklik sou dit nie gewees het nie... ek onthou nog hoe ek daai alfabet met A en B gekickstart het soos 'n atleet uit die blokke met 'n krekker kort op sy hakke as juffrou gevra het "Damiane, kan jy die alfabet opse?"  Maar ongelukkig was dit toe nou nie so nie, een of ander slim oom wat hopeloos te min tyd aan goedkoper garage pies spandeer het, het dit beter gevind om te kyk of hy 'n alfabet aanmekaar kan slaan sodat mense eendag die goed bymekaar kan gooi en woorde soos die vorm, wat eintlik jeel slim was, dit het klomp juffrouens reg oor die wereld byte die tee kamers gehou en tyd gegee om aan rympies te dink wat toe gemaak het dat die kinders die 26 letter alfabet onthou, dit het ook gemaak dat klomp diere gekenmerk was aan die letters...soos kwaga vir K...wat so 'n effense probleem is; die kwaga hy es nie meer so volop nie wat beteken hulle sal nou maar vir Karel moet gebruik!! Wie gaan 'n kallant met 'n pensie tussen klomp diere vergeet? 
Kan jy dink toe hulle die eerste alfabet posters in die vroee 1900's geprint het met die relevante diere op; ek sien sommer hoe daar so paar diere by daardie letters was wat sal maak dat jy en jou oupa stry oor hoe 'n pelekaan lyk; "nee oupa, my juffrou het gese P is vir pelekaan...?" maar in oupa se dae was daar nie 'n pelekaan vir P nie...daar was 'n panarie, net soos daar 'n sanarie en 'n lanarie was (ek dink dis omdat hulle nog nie seker was oor die presiese identiteit van 'n kanarie nie?)

A en B kan ook staan vir die afstand wat jy moet ry vanaf jou huis tot by jou vlam se huis; tensy jy nou by die garage gestop het en 'n pakkie beechies gekoop het vir die asem, dan klasifiseer ons hom as 'n "vanaf A na B na C trip". Kyk as die vlam van jou in 'n karavaan bly langs die plaaslike kragstasie kan ek jou wet die is die verloop van die aand as jy 'n paar minute laat is..."wat het jou vandag nou juis 5 minute langer gevat...?" nee se Sakkie hy het gestop vir beechies, "het jy alweer gerook jou bliksim... ekke het gese as jy weer begin los vir my een oor, of het jy iemand aners loop sien??" sakkie staan en trek sy snor op so na die linker kant van sy neus en krap sy maag..."oe oe...wag, jou rinkhals jy hou nie regtig van my kos nie?!" Sakkie weet nou nie mooi nie, maar soos gewoonlik gaan le hy maar solank op die bank want hoe gouer hy begin doen wat sy wou se hoe beter!

Kyk dit is nog verskoonbaar as 'n skool 'n o/13A en o/13B span het, maar 'n o/13C span ook??  Ek neem aan dit is dit nou om die kinders te troos en te laat glo as hulle bo wil kom moet hulle iewers begin...maar wat die afrigter nie duidelik gemaak het nie is dat jou pa die lapa moet borg vir 'n plek in die A span, en jou ma  'n melktert moet bak vir elke Dinsdag se kommitee vergadering as jy graag B span wil speel, wat beteken die C span is werklik net vir die kinders wie se ouers nie hou van lapas bou of wie se oonde se gas klaar is.  En julle het altyd gewonder hoekom die skool met die grootste lapa altyd die skool is wat die streeks wenners is?  Ekke dink in 2009 was dit Laerskool Lapahoogtes...

"Ag jisliket babes kan jy nie soos al lankal net besluit het van watter een van die 2 shades jy smaak nie? Dis mos nou peanuts, kies A of  B?"  Spanner is nou ernstig besig om ongeduldig te raak met sy goose, hulle moes al tussen vier verskillende winkels by ses van Vaalwater se malls gestop het waarvan        P E P botique toe nie een van die winkels was nie, maar wel die garage se quickstop want hy moes net 'n nuwe pakkie winegums kry vir die stress!  Wat is so moelik om te besluit tussen A en B, daar is letterlik net twee om van te kies en die kanse dat een van die twee goedkoper en meer gepas is vir jou sak is baie goed, gewoonlik is die tweede keuse daar om jou te terg, iets wat aansienlik duurder is as opsie A maar jou soveel meer sal laat beter voel as B... "maar wat as ek more die emmer skop babes", het jy geweet dat niks wat jy na die woord "maar" se tel nie; dit wil se dat Spanner se goose se redinasie glad nie van toepassing is nie want syt hom begin met 'n maar, behalwe vir dit... wat gebeer as sy dalk nie die emmer skop nie?
Wel dan moet arme ou Spanner weer ekstra skofte by die corner cafe se parking lot gaan staan en werk, die slegte nuus is vandat hy die laaste keer veroorsaak het dat die dorp se Burgermeester in Tant Hessie se Datsun vas reverse het tip mense hom met Spec Savers koeponne

En nee hy kan dit nie gebruik vir sy goose se nuwe shades nie want Spanner se nefie werk daar en sy goose kan die kallant nie weerstaan nie!



Op die einde van die dag is A en B maar soos die besluite in jou lewe... jy word daagliks met die kruis paaie gegooi van alle kante af; moet ek die stop straat skip of nie, gaan ek die bruin brood kies of die wit brood, wil ek nou my pa bel en vertel my goose is pregnant of gaan ek wag tot haar water breek en se "hallo, suprise!", gaan ek die groene vandag dra of more, gaan ek 7de Laan kyk of Ultimate survival, gaan ek vandag dieet of gaan ek more hardloop, wil ek die man op die hoek geld gee of gaan ek dit spaar vir more se garage pie?  Ek is seker daarvan daar is nog vele meer waaraan jy kan dink, die vraag is maak jy die regte besluite en doen jy dit om jouself te oortuig dat bruin brood gesonder is of omdat jy dink 7de Laan is meer educational? 
Die man op die hoek het besluit om eerder op sy bord te skryf "ek vra nie baie nie, net R5" in plaas van "ek is 'n baie goeie kar venster wasser vir R5", wat beteken die motoriste gaan hom nie sy R5 gee in ruil vir niks nie, meskien sal een of twee siele hom iets gee net om verby te stap en nie voor sy kar te staan en dans nie, maar die punt bly staan niks is verniet in die lewe nie, nie eers R5 nie!!

Maak die regte besluite, kies A of B en maak seker jy kies dit met 103% en nie 98% nie, wees seker dat jy weet hoe om van A tot by B te kom sonder om by C hoe te stop, want op die bank slaap is ook net lekker vir so lank en wees nou die pa wat 'n nuwe revolusie begin en bou vir die skool rol trappe, ek kan jou wet jou seun sal kaptein, hoofseun en media leier wees in een jaar!

1 comment:

Unknown said...

Awesome!!!!