Monday, January 10, 2011

old time hobbies

Wanneer was die laaste keer wat jy saam jou skool vriende of werks kollegas gesit en praat het oor die speletjies en "hobbies" van jou jonger dae?

"oe jinne Gertryda onthou jy nog hoe ons met ons klei osse barbie-barbie gespeel het?"

As ek terug dink aan al die verskillende hobbies en tierlanteintjies wat my as kind besig gehou het; is daar wel as waar een soort wat ytstaan soos 'n gr12 leerling in die voorste ry van die gr3 klas; albasters!! Ja, sowaar was dit my gunstelling gewees, en ja ekke het my albasters in my moon bag rond gedra op laerskool.  Nooit sal ek vergeet hoe ek saam my ouers in Pick & Pay se gange geloop het naskool vir brood en melk nie, want dit was wanneer ekke seker gemaak het ekke stap oppad til toe verby die albasters en vra vir 'n sakkie "allas"....die goed was nog in so groen of oranje vis net verpak en as jy 'n "superman" alla gekry het tussen die ander dan was jy heeeel lucky!!  Amper so lucky soos Gerart wat 'n cheeseburger in 'n garage pie sakkie kry!
Die verskillende name wat ons ytgedink het vir die ronde glas voorwerpe was veriklik; eerstins moet ek noem dat as 'n alla 'n naam gekry het was hy automaties moeiliker om te kry en ook so meer waardevol as jy speel... daar was die "superman" wat 'n blou, geel en rooi binne strook gehad het, dan was daar 'n "colgate" wat 'n wit, blou en rooi strook gehad het, en natuurlik 'n meer logiese een was die "kat oog" wat net uit een kleur bestaan het en soos 'n kat oog gelyk het.
Daar was altyd konstant gespekileer oor die feit dat jou alla nie 'n ware "superman" of "colgate" is nie; ek dink dit het te doen gehad met die hoeveelheid snoepie geld wat jy gekry het..."tjek tjom, ek sien Fanus koop vandag alweer R3 se nickerballs, meskien moet ons teen hom jol want al sy allas is seker supermans!"  Wat opvallend is vir my om te sien dat 'n simpel kleur verskil in die binnekant van 'n albaster of enige element van die albaster sy waardigheid kon bepaal, al is elke albaster presies dieselfde?  Soos die tyd toe Lion King nog groot was op video kaset en TV, het die albaster vervaardigers besluit om 'n reeks Lion King allas te produseer,  selfs die karakters op daardie allas het bepaal watter meer werd was as die anner..."jisliket Fanus jy kan mos nie verwag ekke moet jou my Simba ghoon gee vir 3 van jou Timon's nie?? Tensy jy meskien nickerballs gaan koop pouse?" Fanus haat vandag nickerballs...

Wie sal dan nou die tazo's vergeet?
Het jy geweet dat die eerste stel tazo's wat ooit vry gestel was aan die publiek of sal ek se die jeug; was 'n stel van 100 verskillende tazo's met Looney Tunes karakters op in 1994... en nee dit is glad nie relevant tot ons land se demokratiese revolusie daardie tyd nie, alhoewel ons land bekend is vir "looney tunes" tiepe vereistes om president te wees.  Ekskiestog... het jy gedink dat as jy vir 3 jaar by Tukkies gaan swot om president van  Suid-Afrika te word, so paar keer voor Shoprite staan en ou tannies se sakke help kar toe dra en jou das self vou dat jy gekies sal word as ons nuwe president?? Meskien as jou naam Saril is en jou pa die huidige president se strand huis gebou het...nee...hier is die resep:  "dsaaai my lanie....loop gee my alie gelt in jou se til, tjoklits vir al 11 my kinnes en kriem soras vir my 4 vrouens!!" next thing you know is jy op televisie en se jy goed soos "that is where the difference comes in"
Inelkgeval...tazo's; ek dink Simba se verkope het drasties opgetel toe hulle die pokemon tazo's gedoen het, maar beslis geval toe hulle 'n tribute aan Ford gedoen het!!

Die tolle was seker een van die oudste speletjies wat oor gedra was van generasie na generasie, die verskil tussen my oupa se tol en myne destyd is; syne moes hy 'n stomp op sy fiets se agter wiel as sit, laat sy goose die pedaal trap terwyl hy sy ma se botter mes skaaf en sodoende sy tol gevorm het waar ek na die naaste corner kafee met my rolskaatse gerol het en een gekies het op die rak EN hy was nog plastiek ook!!  

Nee, ek het toe nie vergeet van die "tamagotchi" nie!!
"Ag sal jy gou vir scooby voer en met hom speel wyl ekke gou speech asseblief?" se Karien vir haar gr4 wiskunde klasmaat... en toe sy terugkom het haar maatjie nie scooby se poef opgetel nie, nou is hy besig om dood te gaan en hulle vriendskap op die rotse!!  Genigtige lant kon daardie klein ding ons generasie besig hou vir ure oppad see toe of langs die revier as pa pebbles kry vir ma se tuin. 
Daar was vanaf 1997 tot in met 2008 meer as 70,000,00 van die goed verkoop wereldwyd; wat beteken daar is 70 miljoen meer kinders wat soos "experts" weet hoe om hulle hamsters of kanaries se hokke skoon te maak!

Die ding wat my mind "boggle" is hoe die verskillinde hobbies saam met verskillende seisoene gekom en gaan het; as dit die begin van die jaar was het almal hul allas gebring, dan na dit was dit die tolle, tazo's en tamagotchi's onder andere!  Alhoewel in vandag se tyd loop die kinders met hulle splinter nuwe iphones rond en speel een of ander tiepe virtual tol spin game waar jy jou iphone met 'n voice recognition moet virtel hoe om te spin, die toutjie word vervang met 'n digitale een en as jy verloor moet jy die application van jou iphone af delete vir 2 dae wat hulle nie pla nie want dan gaan speel hulle net virtual tazo's in die wiskunde klas?!


Waar is jou pokemon tazo collection weg gebere of het jy dit gebryk vir jou vrou se nuwe spa treatment accesories...kan jy jou eerste tamagotchi se naam onthou of gaan jy swot vir ons land se volgende president??
Maak seker jy leer jou kinders van al die ware speletjies wat ons kultuur destyds nog gevorm en vuur het... nie met iphones of nokia 3210's nie maar met die ware egte tools!!

Loop vote graag oppie pole vir jou favorite old time hobbie!!

3 comments:

Cornea said...

Tazo's was cool, want dit was free, soms sommer 2 in 'n pakkie! Dan is ly lakkie! Maar ek moet sĂȘ, ons doggies was mal virie Simba en Nala pearly goons! dit was als inie kleur! Hehe Smaakit!

Unknown said...

intressant... !
wat my pla is dat ek sekere speelgoed kan onthou wat ander van my ouderdom skoon vergeet het. soos dinoriders! dit was die shizz nizz man! net soos die woord "cool" wat op n tyd cool was om te gebruik. en dit was cool hoe jou ouers teen die woord cool opgetree het...in elk geval...
bring die stieker boeke terug se ek... dalk sal die jong klomp begin om mekaar te "page" op hulle deurskynende "pagers" oor die nuutste stiekers... SMAAKIT

The Ed said...

ek like die croc's background, jy moet dit try wissel tussen mullets en die telkom logo want jy weet hulle gaan hand aan hand