Monday, November 29, 2010

peanut butter samie

Wat is die eerste lig wat in jou gedagtes skyn as jy aan 'n peanut butter samie dink?


Ek het net 2 woorde vir my "lig"... taai verhemelte!!  Dit is amper soos om 'n hond te sien kou aan 'n Wilson toffie.


Vandat ek kan onthou was peanut butter en jam my verkose "soul food" gewees ... ek kon die peanut butter sommer net so uit die bottel met 'n lepel eet, as ek stout was en pa het my 3 van die bestes gegee het ma my getroos met 'n peanut butter samie, as ek en pa hard in die tuin gewerk het en blare geskrop het soos 'n hoener nes skrop was die beloning ... kan jy raai?


Die ding is ... daardie tyd was ou Skippy nie deel van die prentjie nie...dit was net "Black Cat" gewees en kan ek tot vandag toe nog nie verstaan waar die kat en die peanut butter bymekaar ytkom nie?  Dis nie asof die legendariese "swart kat"  'n scoop peanut butter gesyg het wyl hy met sy torch op sy fiets die strate betrap het nie? Of sy mysterious notas met die goed vasgeplak het nie...alhoewel vandag se "swart kat" sal dit nie reg kry nie want die nuwe generasie peanut butters het al neute, crunchies en seker teen die tyd al ertjies in vir die ma wie se kinders "gesond" moet eet ... en om smooth te moet lyk met either ertjies, crunchies of neute tussen jou tanne en verhemelte op kamera is 'n resep vir disaster!


As daar nou een ding is wat elke gesin se kos kas het, is dit 'n bottel peanut butter ... 2 vir die wat baie daarvan hou en 3 vir die wat dink dit hou fals tanne in hul plek!!  Peanut butter word vir meer as net brood of fals tanne gebruik ... dit word ook gebruik om 'n beechie uit jou hare te haal of selfs as jy hik!  Dit sal my nie verbaas dat 'n kallant van die anderkant van die treinspoor af die peanut butter sal gebruik om sy vrou se kombuis pelmet wat ouma Tikkie se beste linne dra, te vat en vas te plak op sy 1998 Ford Sierra om te kan se "hoezit met my nuwe spoed vlerk manne?"


Peanut butter samies is soos Absa ... "today, tomorrow together".


Daar is geen spesifieke tyd wat 'n peanut butter samie nie lekker is nie; in die oggend as jy opstaan saam 'n teetjie, vanmiddag wyl jy nie jou hand van die rekenaar muis kan afhaal nie of vanaand as die einde van die maand soos 'n studente kar se petrol naald le!!  Net so is daar geen spesifieke kombinasie wat nie lekker is nie; 'n appelkoos konfyt is al te heerlik ... amper soos jelly en fla ... dan die tradisionele stroop ... wat hom taaier as 'n bosveld donkie maak ... en laaste, maar nie die minste nie, skoon peanut butter NET SO ... amper so lekker soos daai pay tjek aan die einde van die maand!!


Die tyd lyn van peanut butter verklaar dat dit in die laat 1800's ontdek was deur  Dr. Ambrose W. Straub wat neute fyn gemaak het in 'n "paste" form vir sy pasiente met problematiese tanne, iewers in die 2de wereld oorlog was die soldate peanut butter samies gevoer (meestal vir die hoe protiene), hulle het dit lekkerder gevind om jelly daarby te voeg en vervolgens die oorlog het verkope van die kombinasie die manne op Wall street laat wonner of hulle eerder moet invest in peanut butter as Marmite ... as jy nou baie tyd het kan jy nog baie feite ontdek maar vir nou is dit "Skippi" res en kom tot vandag, en vandag weet almal wat peanut butter is,  jonk/ oud, mooi/ lelik, lank/ kort, amerikaans/ benoniner...!  Almal sou kon saam sing as Steve Hofmeyer net gese het die Blou Bul eet nie peanut butter van die grond af nie ... nou sing net oom Karel met sy vellies en two tone kakie hemde saam op 'n Sondag oggend oppad kerk toe!!




Hoe hou jy van jou peanut butter samie?  Smeer jy hom met 'n botter mes of lek jy hom met 'n pap lepel? Sou jy graag wou weet of dit jou Ford se nuwe spoed vlerk aan mekaar kan hou ? Wel daar is net een manier om yt te vind is daar nie ... pimp jou Ford met peanut butter en wen 'n lifetime CORNER cafe voucher (vandat ek laas gehoor het gaan hy binnekort hoofstraat toe skuif met die sukses van hul Omo promotion!) 

1 comment:

Cornea said...

Yum yum! Peeenat batter en stroop sarmie!