Thursday, April 28, 2011

Haatit of Smaakit: die mind is sterker as 'n Toyota windscreen wiper

Haatit of Smaakit: die mind is sterker as 'n Toyota windscreen wiper

die mind is sterker as 'n Toyota windscreen wiper

Al ooit gewonner hoekom jy wonnner?

Ek kan amper met die sekerheid van 'n klip wat glo hys 'n klip se die bogenoemde vraag het jou dadelik laat dink vir 'n minuut of twee... indien 34 minute beteken dit ek kan nou hier tik dat gras eintlik nooit groen was nie maar nog altyd groen met 'n hoofletter "g"... dit behoort jou te laat dink vir nog 34 minute en teen die tyd wat jy klaar gedink het is 7de laan verby en moet jy maar nou wag vir die omnibus Sondag!!

Klim gou vir 'n oomblik op daardie kombuis tafel van jou en vou jou kniee soos die van 'n joga intsrukteer, sit jou hande op jou kop en speel wielie wiele walie op jou selfoon, ons almal het dit so moenie skaam voel nie, reg nou maak jy jou oe toe (asseblief moet nou nie loop staan en jou oe toe maak nie, lees eers die paragraaf en dan doen jy dit...ek kan sommer al sien hoe Karil sit met toe oe voor sy rekenaar en se "nee...ekke sienit nie...") en dink terug aan die dag toe jou pa vir jou die nuutste Superman kasset gebring het na werk!!  Ja sowaar... dit was mos dieselfde dag wat jy jou arm gebreek het was dit nie? Of meskien was dit die dag wat jy honger gaan slaap het want toe jou ma jou roep vir worsbroodjies kon jy nie wag om soos Superman te maak asof jy niks kan hoor nie, nee wag; dit was die dag wat jy besef het dat ADT nie laat was nie nee Superman was besig om 'n meeting te hou met ADT reeds oor die feit dat hulle moet ontslae raak van die Yaris'e wat Yaris'e tyd vat om by 'n krimineel toneel op te daag??

As klein kinders was ons minds maar nes 'n splinternuwe Electrolux stofsyer; syg enige iets op en syg nog!! Ek onthou destyds het ek self Superman gekyk en was ek vas oortuig dat ek kan vlieg, ongelukkig het ek tot die wins van vier steke in my lies gou gevind dat dit tog net 'n storie is en ons maar vlieg moet los vir die wat kan!! Net soos 'n Electrolux als opsyg glo klein kinders enige iets wat hul sien of hoor..."Sheries se vir oom Dirk as hy bel dat mamma nie hier is nie hoor..."

Trien trieng... Sheries los haar klei osse net daar en spring oppie olie drom omi tiekie boks foon by te kom!

"Sheries met 'n ie helo..."

"Goeie naand kleine damme oom Dirk hier; is jou mamma daar?"

Sheries staan toe en krap haar linker oor wyl sy haar kyf om haar vinger kril..."emmm oom my ma het gese ekke moet se as oom Dirk bel moet ek se sy se sy is nie hier nie...hoor..."

Dit is net hoe dit werk alhoewel die goeie nuus is dat dit nie net van toepassing op kein kinders is nie, maar selfs op groot mense, tieners en die agter lyn van 'n sekere rugby span!! As ons besef hoe sterk die krag van die mind is kan ons werklikwaar vlieg glo dit nou of nie (ekket nie gese hoe nie), tieners sal besef dat skool eintlik die moeite werd is en die agter lyn sal besef dat rugby 'n span sport is en dat daar geen "Huisgenoot hair style of the month" vertoon in die woord span nie!!  Sowaar; die mind is sterker as 'n Toyota windscreen wiper... hoekom?  Want hy kan besluit of die windscreen wiper moet beweeg of nie!!

Het jy geweet dat vir jare en jare lank word daar daagliks studies gedoen om die mind te verstaan? Jong mense besluit om hulle lewens toe te wy as professors met wit jasse en rooi kouse om te vind wat dit is wat maak dat die mind so 'n wonder is... persoonlik dink ek; bring vir Karil 'n wit jas met rooi sokkies en die is wat hy vir jou sal se "nee...ekke sienit nie..."
PRESIES... want daar is niks om te verstaan of te wil "ytfigure" nie, dit is hoe ons design is deur 'n awesome God; met 'n mind so powerful dat ons onsself kan oortuig van die feit dat Ford so goed is soos Ferrari!!  Ek dink dit is amper waardig om 'n "superpower" genoem te word, en net so het elke "superpower" sy voor-en-nadele;

Jy kan vir die eerste keer in jou lewe glo dat jy nie nodig het om sleg te voel nie, want net deur jou mind kan jy jouself oortuig dat jy skuldig is oor die feit dat jy gekyk het na die gewone bottel Chutney en die Chutney lite bottel gevat het

Jy kan glo dat jy suksesvol gaan wees in jou besigheid, want jou mind is in lyn met wat jy glo en wat jy glo sal jy doen

Jy kan ongelukkig nie die potlood soos Matilda vanaf jou penne blikkie tot op jou juffrou se lesenaar laat sweef nie

Jy kan ongelukkig die oorsaak wees dat wat jy vir iemand se hulle mind se visie is en dalk so hul ondergang; "jannie nooit in jou lewe sal jy 'n skrywer word nie... so hou op om chappies onder aan my tafels plak!!" jip dit sal maak dat Jannie nooit chappies kou of skryf nie.

Maar, net toe jy begin dink jy het jou mind om die hele artikel "gewrap" soos 'n bloublasie 'n Fanta bottel "wrap"; kom daar wat die manne van BVP op Kyknet noem 'n gevaarlike "curveball"!!
Sy naam is reversed psychology... dit is die begeerte om die teenoorgestelde te doen van die voorgestelde, wat eintlik die verkose is!!  Goed; vir die 34 minuut klomp stel ek voor maak jouself gereed om volgende sondag se berg piekniek te oom Tallie se mini berg te kanselleer want die gaan dalk nog van jou 7de Laan tyd neem om te begryp!! Toe Richard Branson gese het hy wil met sy lig balon die wolke invaar het vele mense hom gevra om dit te her oorweeg en net so het klomp vir hom gese dat hy dit nie sal maak nie, hier kom die kraans van die golf; juis die feit dat sy droom aan die anderkant van dit wat die mense hom teen gewaarsku gele het, was hy vasbeslote dat sy begeerte om die teenoorgestelde te doen aan hulle sou bewys dat dit wat hy gekies het hy wel sal vind!!
Vandag vlieg hy...



Wat kies jy om te glo vandag, wonder jy steeds hoekom mens wonder of vat jy die krag wat in jou gevestig is en maak laat die windscreen wipers van jou lewe werk volgens die "flick van jou hand"?
Moet nooit vir jou kind vra om te se dat jy nie daar is nie want dalk net groot dalk besef oom Dirk jy gebruik hom toe al die pad vir die lekker pampoen gereg wat hy kan bak!!

JOU MIND IS JOU STERKSTE & GROOTSE BATE... MAAK GEBRUIK VAN HOM!!