Sunday, January 23, 2011

"wallies" en hul ways

Elke liewe jaar as die skole sluit en die winkels begin om kersfees illustrasies op hul vensters te verf kan Fanus Koekemoer nie wag om sy male te vra waar hulle die feestyd gaan spandeer nie..."sooooo, ma!" sien net gou vir Fanus met 'n taai fizzer wat hy uit sy mond trek wyl hy na sy ma loer.  "Ja Fantjie my lief jy weet mos, as jy jou rapport kry en pappa sy battery shop betyds toe gemaak het kan ons ry en gaan kamp waar ons elke jaar kamp!"  Arme Fanus is nou al so moeg vir die plek waar hulle al die afgelope 6 jaar kamp, hy ken elke vlek op al die mure in die badkamers, al die beste wegkruip plekke in die kamp se parkie en weet presies hoe om die tannie by die kafee te oortyg om vir hom 'n free roomys te gee saam elke sak hout wat hy vir sy pa koop!

Wat is 'n "wallie"? 

Onthou jy spreek hom uit waaaaaa_lie...

Nou ja ek glo die herkoms van die "wallie" was gestig gedurende 'n voorval in die vroee neentig jare te Maragte strand.  Die Transvaalse Koekemoer gesin was in ekstase toe hul 'n kamp plekkie bespreek by Margate se karavaan park (meer bekend as Margate sands vandag), dit het beteken oom Karolis kon nou sy bonus, polis en 'n Pick & Pay koepon vat en spandeer op kamp gereedskap soos 'n gr3 meisie R5 sal vat en die sweets winkel leeg dra met toffies en spook asem! Tant Karolina vat natuurlik 'n verband op haar huislening om nuwe handoeke, strand sakke en beskuit bestandele te koop vir die tydjie daar onder.

Ongeveer 'n week voor hul vertrek begin Fanus sy beste klere, sy splinternuwe Reebok tekkies en sy Quicksilver hemp in 'n sak pak wat beteken die res van daardie week het hy al die sokkies en braai's by sy vriende gedodge sodat hy nie homself in die publiek hoef te ontbloot met sy eerste Billabong hemp nie (wat nou die enigste hemp in sy kas was na hy gepak het)
"Fanus my laaitie tjek net gou of die fliekers werk as ek briek trap...." dit is amptelik 4 uur in die oggend en die trailer is gehak, Tant karolina het 'n kosblik so groot soos my pa se toolbox vol frikkadele,  wit brood samies en fizzers vir Fanus op die dashbord van hulle Ford en Fanus het sy 100 in 1 gameboy in die een hand wyl hy sy pa die "go ahead" gee met die ligte.  "Right, kos? tjek....visstokke? tjek....brannewyn? tjek....tent? tjek....verkyker? tjek.....wag 'n bietjie waarvoor issie verkyker Karolis?!"
2 Wimpy breakfasts, 6 padstop sessies vir fotos van die Vrystaat plantasies en 1 noue ontkoming verby 'n bees op die N3 later boek die gesin toe by die oord in,  die Koekemoers was vir 4 ure besig om hul nuwe tent op te slaan, die rigting van die tent deur te bepaal sowel as om te besluit waar om die tv antenna op te rig vir maksimum sein..."Karolis jy beter nie laat die sein swak is as 7de laan op is nie!"
Die "locals" kon net staan en staar vir die klomp mense van Transvaal met wit bo bene wat kamp langs die see saam hul TV, 'n splinternuwe tent en 'n bordjie wat se "huisie by die see"
Die eerste dag op die strand was 'n warm en sonskyn dag, wat beteken die strand was vol gepak met "locals" en ander vakansie gangers... in die rigting van die parkeer area kom die Koekemoers aangestap; sambreel, coolerbox, strand stoele en verkyker aan Karolis se arms, Huisgenoot, strandstoel, sun tan lotion en handoeke aan Karolien se arms, polystyrene brander plank en Bondi Blue bril aan Fanus se kant!! Die een ding wat hulle in gemeen het is splinter nuwe spier wit Reeboks, dit lyk soos 'n scene uit Grease uit, behalwe hulle is net op die strand met hul pakkies... "brew... look at these people, they must be from Transvaal?? I rate we call 'em wallies ay?"

Die stigting van die "wallie" was sowaar 'n dag om te onthou en het sodoende 'n identiteit geskep wat tot vandag toe nog 'n rippelende effek het op alle aspekte van die ontwikkelende en suksevolle "movement"!!

Hoekom nou juis 'n ontwikkelende identiteit sou jy dalk vra?

Wel... die "wallie" het wel geleer dat Reeboks op die strand nie werklik die sand soos 'n teer pad laat voel nie, dus het hulle geleer dat crocs 'n beter opsie is.

Hoekom nou juis 'n rippelende effek?

Om te vermy dat jy en jou dogter as 'n "wallie" herken word op die strand bespreek jy 4 weke voor die tyd 10 sessies in die sonbed vir 'n konstante "tan".  Die mans begin 5 weke voor die tyd 10 minute vroeer by die werk ry om betyds by die gym yt te kom of genoeg tyd te he om 3 kilo's 'n dag te gaan hardloop.
Wat beteken... besighede soos Virgin Active of Solly's sweat shop en Clicks se verkope en inkomste verdriedubbel gedurende Oktober en November!

How to spot a "wallie"

  • kyk vir die oukie wat met sy pa se diep see duik flippers op 'n body board die "shaw line" probeer ry.
  • as jy dink jy sien 'n multi racial kallant voor jou verby stap, kyk weer want dis inteendeel sy sokkie tan.
  • soek die gesin wat weghardloop vir die water as die golf breek en ytspoel.
  • jy behoort defnetief te weet dis 'n "wallie" as hy met 'n 50mm square tubing trollie met pram wiele aangesleep kom.
  • hy gaan beslis nie vir die skip op die horison kyk deur sy verkyker nie.
  • waar daar 'n sandkasteel, meermin met 'n kind wat se kop ytsteek of 'n gat in die sand is... is daar 'n "wallie".
  • as jy iemand hoor skree "haaaaaai", en sien dis 'n groot see gras bol....wel ja....dis 'n "wallie"
  • soek vir die lat wat met sy 1ste span PT broekie swem.
  • in die local shopping mall sal jy hom sien met sakke en sakke vol klere wat hy gekoop het, want als is mos "goedkoper by die see"
  • soek die grootste gazebo met genoeg koelerbokse vir 'n matriek afskeid.
  • die ou met die corner cafe Ray Bans op 'n swaar bewolkte dag is voorwaarlik 'n "wallie'.
  • moet nie eers twyfel as jy hom met sy kerk skoene sien visvang op die rotse nie.
  • kyk vir die kind wat probeer om die hele see sonder sand te vang met 'n 5 liter water bottel.
  • oppad terug van jou vakansie af sal jy 'n kar sien met kiners wat teen die vensters vas syg om plek te maak vir al die ekstra klere wat hul op "ytverkoping" by die see gekoop het en dit nou "invoer".

Die vraag is, dra jy die vere van jou identiteit met trots of glo jy werklik dat dit die moeite werd is om al daardie voorbereidings te maak vir 'n week of twee by die see?

Kom ons wees realisties, ons moet sekere voorbereidings toe pas om 'n suksesvolle vakansie te he, soos om jou splinternuwe tent 'n week voor die tyd op te slaan, om nuwe handoeke te koop vir die strand en om sun tan lotion te smeer... maar in watter leeftyd gaan 4 weke se hardloop jou pens van 4 jaar laat lyk soos die van Tom Cruise sin in Top Gun of die sonbed sessies jou bo bene wat nooit eers die kamer lig sien nie soos Serina Williams sin lyk op 'n warm dag by die Wimbledon?

Het jy al ooit 4 weke voor jy jou maand einde se inkopies gaan doen begin oefen of tan om goed te lyk in die Shoprite?  Tien teen een nie... want jy gaan soontoe vir wat JY nodig het en wil doen, wat beteken die mense rondom jou se opinies affekteer nie hoe jy jou inkopies doen nie, waar?  So hoekom laat ons ander se opinies by die see die manier van hoe ONS dinge doen affekteer?



Dra daardie "wallie" vere met trots, wees die "wallie" wat met sy kerk skoene op die rotse visvang en in die surf shops kaalvoet stap opsoek na wax vir jou 4 jarige seun se brander plank, solank jy dit geniet!! En as jy nou voel dit is nodig om jou maag en tan in "shape" te kry vir die vakansie doen dit met graagte... ek is seker daarvan Glomail of Verimark het 'n produk wat daardie een sal maak werk in 4 weke..."but wait...there's more, if you phone now you will recieve this exclusive offer with a 30% discount!" Wat beteken jy kan die geld wat jy daar gespaar het gebruik vir 'n nuwe verkyker wat kan zoom ook.

1 comment:

Unknown said...

Jou wallie !
Haha what a TRUE story ,ekt dit gelike , lag so uit di maag!! Haha
Jou description van hoe n WALLIE Uit te ken is soos om n spyker op sy kop te slaan!!
Mag almal so lekker lag soos ek =O)

Hehe oja ek mut confess I'm a wallie too,met my wit bobene haha!