Sunday, January 16, 2011

die "garage konsep" vir 'n gekraakte hart

So dit was nou presies 4 maande, 3 dae en ekkes seker die minute tel ook, so kom ons maak dit 276 minute lank wat Santarie en Jonty gekys het, en op die 277ste minuut sien Jonty die nuwe transvaalse meisie in Laerskool Malmesburry oppad na die kantoor toe... Mariah!!  "Liewe ouers ma se kinnes tjek net daai goose... ekke skiem ek se sommer vir Santarie ekke dinkis tyt lat osse ane mense sien neh?"

Ek sien hoe hierdie "Capie" na die arme jong damme stap, haar aan haar kraag tik, en as sy omdraai staan hy met sy een hand om sy heep, die ander een op sy ken en smile met 'n silwer tand wat haar linker oog verblind en se..."awe ma se prinses lanie spin arount lat ekke kan sien hoe die transvaalse gooses my werelt spin!!" 

Ek is amper seker jy was al in een van die 3 skepe? Die Santarie, Jonty of Mariah skip?
In die geval van Santarie is jy die een wat maar net moet anvaar dat jy van nou af jou eie koffie moet maak en "ander" mense gaan sien, of in die geval van Jonty is jy die een wat dalk jou eie boude met room wil smeer en verandering soek, dan laastens is jy dalk in die Mariah skip waar jy letterlik net op jou eie koers was en een of ander simpel noeb/noebhin het besluit om golwe voor jou skip te kom maak!
Of daar is selfs die moontlikheid dat jy dalk in al 3 van die skepe was?

Kom ons se jy is nou vandag na 4 maande, 3 dae en 277 minute in Santarie en Jonty se skoene, jou kerel of girl het jou gelos of jy haar of hom, en dan skree jou kop stilweg "nee o jinne hoekom moes hy nou 4 maande wag om dit vir my te se?" of dalk skryf jy met 'n swart koukie pen op jou ma se badkamer venster "was die 4 maande wat ons gedeel het dan nou vir niks nie?"
Ek moet dalk by se dat die tydperk tog 'n verskil maak, ekke is seker daarvan dat Santarie Jonty se tone met 'n haloween pampoen sou gooi as dit na 4 jaar was, maar na 4 maade het sy Jonty se tone met haar Nik Naks gegooi. Alhoewel die vrae steeds sal verskyn ongeag die hoeveelhied anniversaries wat julle gedeel het.

Sodoende is die volgende stap nie om die venster met jou beauty sponge te try skoon maak nie maar wel dan geneesing van die onverwagste/beplande tyding, die vraag is wat of hoe jy dit gaan doen?
Ek het met 'n konsep voor en dag gekom, ek noem hom die "garage plan" alhoewel Dr Phil net sou se "you need to see a doctor", dink ek die is dalk een wat jou kan help en nee dit gaan jou nie 'n verduideliking gee van hoe om 4 karre in 'n 2 kar garage saam 'n scooter te parkeer nie!

Na 4 jaar kom die landlord na jou toe  en se jy moet jou garage oor verf, en dit is nie omdat jy 'n nuwe Tata gekoop het nie maar sommer net omdat die Boland Kavaliers die Curry Cup gewen het.
So wat eerstens moet gebeur is jy moet al jou tools en fotos wat nie in die huis welkom is nie uit dra sodat jy kan begin om die verf van die mure af te skuur, daarna moet jy self die nuwe kleur verf gaan kies vir jou eie garage, oppad terug van Builders af besluit jy of jy 'n painter op die hoek gaan oplaai en of jy 'n paint proffesional gan bel.  Watokal jou besluit was die kallant  help jou nou om die garage van jou af te skuur, die onder laag op te verf, te wag en die finale laag op te verf. Sodra dit droog is kan jy nuwe fotos en tools ophang... aangesien dit nou 'n nuwe garage is? Dan begin jy jou nuwe garage geniet  tot die volgende keer wat Bafana die wereldbeker wen.

Of jy Santarie of Jonty is, jou "garage" gaan oorgeverf word, maar voor jy dit kan doen moet jy eers al die ou goed uit haal, en dan is die vraag watse kleur kies jy om jou "garage" mee oor te verf?  Kies jy 'n morbied kleur omdat jy nou dink dit sal jou Tata komplimenteer of verf jy dit 'n exciting fresh kleur sodat jy met graagte in die garage sal slaap as jy uitgesluit is?  Is jy haastig as die verskillende lae verf opgeverf word wat die proses moeiliker maak of wag jy geduldig en probeer meer leer volgens die manual wat Sipho by Builders vir jou ge'sms' het?  Kies jy 'n goedkoop straat hoek verwer of vat jy tyd en soek 'n proffesionele verwer?
Jou "garage" word vergelyk met jou lewe; jou hart is gebreek en jy wil nou aanbeweeg, jy kies dalk om jou lewe met 'n morbied kleur te verf wat negatief laat dink of jy kies 'n fresh en exciting kleur wat jou positief help dink, jy kies 'n straat hoek verwer wat malik, goedkoop en obvious is wat meskien is soos om verkeerde dinge aan te jaag wat jou geld mors,  gesondheid opmors en jou probleme tydelik oplos of jy kies om 'n proffesionele en betroubare verwer te kry wat weet wat hy doen...soos Jesus...
En dan as jou garage klaar geverf is begin jy van voor af die nuwe fotos en memories van jou lewe ophang!!

Moral of the story is dat jou geneesing deel van 'n proses is,  daar is sekere dinge wat gaan en dalk moet gebeer, maar hoe jy kies om daar deur te gaan en wie jy kies om jou te help sal ultimately bepaal hoelank jou hart vat om weer gesond te wees.

Wat het van Mariah geword?  Waar pas die skip nou in, watter tiepe konsep het ek vir die een?  Dit is heel maklik; as Jonty jou vra om te spin se net vir hom jy gaan nie vir hom jakalas se nie, jy skree vir die Blou Bulle en jy dink sy silwer tand is soos 'n "made in china" vetkoek...FAKE!! Vat liewers jou skip en loop seil op waters waar jy weet die mense se garages is proffesioneel geverf met fotos van goeie tye op hul mure!

As jy nou nie wou gebruik maak van die "garage konsep" nie, is hier vir jou 'n paar riglyne!

As jy gelos was vir iemand anders, gaan dit jou nie werklik help om na die "ander" kallant of kallanthin te gaan en hom/haar te dreig met jou speed dail 2 kontak se groot arms nie, die kanse is goed dat jy na sy/haar huis gegaan het en die kint besig was om mielie slaai te maak, wat beteken daar le 'n paar mielie stronke wat na jou kant toe gegooi kan word, vir die situasie waarin jy nou is het jy dalk jou kar nodig sonder mielie stronk duike!

As jy gelos was vir geen rede nie, sal ek voorstel jy koop 'n tissue boks, roomys en luister die eerste Vrydag aand vanaf 6 tot 7 East coast radio se uninterrupted "love hour".

"Goeie naand Fransiena, onthou jy nog toe ons gekys het op laerskool?" Nee... moet nie jou laerskool ex bel nie "nou hoe nou...onthou jy my nie?" sy het tien teen een nou al haar man verbied om hulle kinders na 'n naam soortgelyk aan joune te vernoem aangesien jy voor die wiskunde juffrou (wat haar ma is) vir jou klasmaat virtel het hoe lekker julle eerste soen was en dat julle op mxit gechat het tot 5 uur in die oggend (wat die rede is hoekom julle huiswerk nie gedoen was nie)

Laastens... as jy 'n break up song sing, skryf of luister maak seker dat jou kar se vensters opgerol en getint is, jou song nie in jou "raads vergadering notas boekie" geskryf word nie en jou stem van so 'n aard is dat die mense wat jou troos nie ook saam begin huil van frustrasie vir 'n fals stem nie!

Heel laastens, maar wel as waar glad nie die minste nie...daar is nog baie visse in die see, baie flaminke langs die revier, baie smarties in 'n boks en ongelooflik baie Ford eienaars orals!!



Weet die lewe is soos 'n springtou, op en af...kies jy om jou ex te bel of vernoem jy jou kind na die liefde van jou lewe wat jy nooit moes laatgaan het nie? Watokal jou besluit is maak seker jy is 103% in dit!
Don't ever regret something that made you smile...

1 comment:

Unknown said...

wow!! Sal dit nou n Leer les wees vi die Oukies en prinsesse daar buite! Dink jyt dit nou mooi gestel ,opi regte manier !
Well Done ! Die GARAGE PLAN -is iets wat verseker werk!