Saturday, February 12, 2011

blink idee-rers

"Wat op des aarde sou ons gedoen het met Buksie as dit nou nie was vir Gert se bath-a-dog trailer nie my bokkie??"


Oraait hokaai, kry hierdie prentjie gou voor jou... Karoliena ongeveer so 40kg staan op die stoep van haar two tone pienk en bruin huis, gisteraand se kerrie pot plek matjie om haar kop vir haar deurmekaar hare, lipstick oor haar wange nadat Willim haar met 'n wille soen wakker gemaak het, sigaret ini een hoek van haar mond, koffie in 'n Black Label blikkie in haar linker hand wat pienk en blou cutex naels het, 'n hemp 2 sizes te klein wat se "dontcha wiesh jor girlfrend was hot laaik me" en Buksie die worshond onder haar regter arm!


"...jaaawh nee jisliket babes ekke soen jou mos sommer weer, ekke dink ekke gat my eie tuin dienste begin?? Maar wag, voor jy my weer gooi metaai stywe leftie van jou... ek weet ekke het dit al baie gese bokkie babes maar werklik jisliket die keer gaan ekke mos sommer se vir elke gras sny kry jy soos 'n free garage pie of iets?"


Jip, Karoliena het hom toe gegooi met daardie linker klinker van haar, nie omdat sy dink dit is 'n simpel idee nie maar omdat hy haar sigaret yt haar mond yt gegryp het sonder om haar te vra...


Ek is seker daarvan ons almal het al blink idees gehad, en tien teen een ook al gesit of gery en 'n kar met 'n logo gesien wat presies dit waaraan jy gedink het adverteer, en tien teen een nou sit en dink ekke gaan beslis volgende keer iets doen daaraan?!
Ek onthou nog as kind het ons my ma se vrieskas beroof van al  die wors, dit op die hoek gebraai en probeer verkoop aan die verkeer wat teen so 60kmp/h verby gejaag gekom het, ek moet se ons was wel suksesvol... so suksesvol dat ons vir 3 dae nie nodig gehad het om weer te eet nie!! Ons het selfs ons buurman se suurlemoen boom leeg geplik en hom basies forseer om sy eie suurlemoene by ons terug te koop.


Hier is hoe ekke dit sien; daar is 3 tiepes "blink idee-rers"


Tiepe 1 is die soort wat die blink idee kry, almal vertel van die blink idee en dan so 2 ure later 'n nuwe blink idee het. 
Kom ons maak gebruik van Stoffel vir die voorbeeld; Stoffel werk by die grootste mall in die dorp se Sweets from Heaven as 'n kassier, elke dag 7h30 kom Stoffel en parkeer sy Haro bergfiets voor die winkel en sluit hom met sy pa se hek slot aan die brand slang vas.  Dan pak hy eers aal die Astros netjies en skommel die jelly babies in die "help yourself pot" laat dit lyk of iemand tyd spandeer het aan die onderhoud van die winkel.  Maar so om en by vanaf 2 uur begin Stoffel se mind met hom weg hol en dink hy aan allerhande idees soos 'n robot wat die kinders se vingers kan slat as hulle die Astros deermekaar maak of 'n automatiese til wat die geld vat en terug gee, omrede arme Stoffel elke aand sy "tips" moet betaal vir dit wat hy kort is op die cash up!  Maar wat hom tiepe 1 maak is die feit dat hy vir elke 4 jarige kind wat sweets kom koop van sy idees virtel en vanaand oppad hystoe so gepla is oor sy fiets se brieke dat hy skoon vergeet van al sy idees en dan net more weer van vooraf begin...




Tiepe 2 is die een wat 'n blink idee sal kry, dit neerskryf en al die nodige navorsing doen en dan net belangstelling begin verloor. 
Vir die voorbeeld gebruik ons vir Marie, sy is 'n rekenmeester by Marie & Kie en is baie lief vir haar werk, maar sy het nog altyd gevoel daar is meer vir haar daar buite... iets wat sy gaan doen of wees wat als is behalwe dit wat sy nou doen!  Dink jy nie ook sy moes maar eerder net van die begin af vir haar ouers gese het dat sy hulle tyd en geld gaan mors nie??  Elkgeval, Marie is baie bekend onder haar kollegas as die beste koffie maak"ster" en belowe hulle haar nou al vir 3 jaar lank 'n trofee by die eindjaar funksie (wat nooit realiseer nie want iemand maak altyd 'n booking by Wimpy vir 19:00) en as sy op haar lunch hour is dan sit sy in die tee kamer en dink aan klomp tiepe idees, soos 'n voor deur matjie wat 'n recording kan terugspeel as jy 'n knoppie binne jou huis druk, wat beteken as jou familie kom kuier en jy deur die voordeur geloer het druk jy die welkom knoppie en se die matjie dan "welkom te Marie se pandokkie", maar as jy geloer het en sien dis iemand vir wie jy nie werklik tyd het nie kan jy die ander knoppie druk en sal die matjie iets se soos "Marie se ekke moet se dat sy nie nou hier is nie...sorry" en dan woeps verdwyn hulle.  Die was een van die idees wat sy die nodige navorsing voor gedoen het, oor nagedink het en later begin glo dit ganie werk nie wat haar sodoende deel van tiepe 2 gemaak het omrede sy belangstelling verloor het.  Alhoewel ekke dink dit sal 'n ordentlike voordeur matjie wees!


Tiepe 3 is die suksesvolle maar ook nie altyd so suksesvol nie soort; die blink idee ontstaan in sy gedagtes, die nodige navorsing word gedoen, die nodige mense word gebel en oor 3 weke staan die stalletjie "open for business".  Die een is verskriklik maklik, en ons gaan van Vusi gebruik maak, ou Vusi was nog sy hele lewe lank 'n karwag voor die Engen garage kafee in Stofstraat.  Elke dag het hy gesien hoe die "locals" inkom en garage pies koop vir ontbyt, lunch en aand ete asook nou en dan 2 uur die oggend... Vusi het toe besluit om in sy lunch die internet op sy Nokia 3210 na te slaan vir idees rondom 'n suksesvolle stalletjie, hy het ook die flooimark gaan besoek om te sien hoe tant Hessie haar vetkoek stalletjie aan mekaar slaan en "operate", en daarna sy eie stalletjie gebou, 'n logo geverf wat se Vusi's-Engen-garage-pies-at-your-door!!  As jy vandag die Huisgenoot koop sal jy sien Vusi staan op die middel blad met 'n goue trollie en 'n sausage roll in sy hand! Wat hom beslis tiepe 3 maak, nie net omdat hy navorsing gedoen het nie maar omdat hy dit toegepas het met garage pies ook!


Wat sou jy se is die een ding wat al 3 tiepes in gemeen het? Beslis die proses waar hulle sit en dink an die perfekte naam vir hulle besighieds plan of produk... en dit is waar die "maak-of-kraak" fase inkom.
Die "maak-of-kraak" fase is waar hulle die een element kry of toepas wat maak dat hulle suksesvol is of nie!!


Hier is 'n paar voorbeelde van mense wat aan die ander kant van die "maak-of-kraak" fase staan, ek laat dit aan jou eie diskressie oor om te besluit of hulle gemaak of kraak het;


1- Frik het besluit om 'n bouer te word, hy noem sy besigheid Friks's vinnige renovations... van wat ek laas gehoor het was Frik als behalwe vinnig, hy het pas begin so hy is nog oppad om sy naam te registreer met sy 1967 Ford "pick up"
2- Sy het gebel en se "halo, dis Sarie hier maar ek wil asseblief anoniem bly.." sy verkoop skoonmaak middels aan hospitale, sy noem haar produk "no-its-not-vanish-its-better"
3- Ek dink almal van ons het al die tiepe een gesien..."Wikkies pompe".
4- Wat van Bongani's big Burgers... wat eintlik net runaways saam 'n eksotiese chakalaka verkoop, maar neem kennis dat alhoewel sy besigheids naam nie relevant is nie, is dit genoeg om mense binne sy winkel te kry en ek is amper seker Bongani sal jou kan oortuig van die beste runaways as jy werklik honger is?


In Amerika is daar 'n paar wille name soos die "Caviar Shack", die "Salami salon" of "Copy Cat Reproductions"... nou ja ekke moet se wat vir my opvallend is, is die feit dat nie een van hulle die eienaar se naam bevat nie, wat ons dus eners en anders as Suid-Afrikaners van die Amerikaners maak.  En dit het wel hul voor-en-nadele; as ek na "Wikkies pompe" kyk behoort ek mos te weet dat iewers is daar 'n Wikkie betrokke, so dit beteken as iemand my pomp gaan regmaak sal dit Wikkie wees (of ons hoop so aners moet hulle dit mos Sareljandrikuswikkies Pompe maak?)


Kom ons wees realisties; die besigheid met die anerste naam is beslis die een wat ons sal onthou in plaas van die een met die gewone naam, "24 hour Poep dokters" of "24 hour plumbing boyz"? PRESIES...


Op die einde van die dag is die klomp "blink idee-rers" die klomp wat die bul by die horings aangepak het, en moet ekke se ekke sal verkies dat Frik eerder 'n bouer word i.p.v nog 'n slaghuis oopmaak, of dat Vusi eerder 'n garage pie stalletjie begin i.p.v. brille try verkoop aan die blinde skole?
Ek meen wie sou nou Karoelina se Buksie gebad het asit nie vir Gert se blink plan was nie? Alhoewel Gert daardie woes bath-a-dog trailer trek met blou draad aan sy pa se eerste Renault in die strate van Brakpan is hy een trotse besigheids man!








Gaan jy wag vir die dag wat iemand na jou toe kom en se "hier is vir jou 1 miljoen rand, begin 'n besigheid" of gaan jy daardie blink plan van jou vat en hom begin implimenteer??  Moet nie dink dat jy 'n graad nodig het om 'n lemonade stalletjie oop te maak nie... dis maklik, when life throws you lemons make some lemonade!!  Dalk is jy die volgende "big thing"...

No comments: