Saturday, November 27, 2010

die legendariese "moon bag"


Ek onthou nog my eerste moon bag...dit was regte denim moon bag gewees!!

As ek reg onthou het ouma Campbell nog my eerste moon bag vir my gekoop; dit was meestal gebruik om my strand goodies in te bere.  'n Paar jaar later op skool was hy gebruik om al my albasters in te bere en as ek hom vandag moet kry sal ek hom in my "ou goed" boks weg bere.

Die verskil is...daai tyd was dit cool...maar vandag is dit net nie meer dieselfde nie...dit is soos om jou oupa se pull over wat hy elke Sondag kerk toe gedra het vanaand na jou eerste date saam die girl by die video winkel te dra.  Ek moet se, daar is wel baie ander dinge wat mens 10 of 20 jaar terug gebruik het en dit vandag kan afstof en se: "tjek net hierie piece of geskiedenis"...ja soos 'n Spoorweg tas of selfs 'n Fossil horlosie.  Maar NIE 'n moon bag nie!!

Wat bere jy vandag in jou moon bag? Jou beursie...jou kar sleutel...of meskien jou pepper spray maar ek kan nie aan veel meer as dit dink nie? Die kinners by Laerskool Brakpan is dalk nog jeelwat into die hele moon bag ding, ek kan sien hoe Karel die hoof seun met sy kaal voete en 'n blikkie diet Coke by die skoolhek ingestap kom en se tjom..."vandag skop ek julle allies met my moon bag vol Pokemon kaarte."

Shame die klomp aan daardie kant vannie wereld het nou maar net eens hulle manier van dinge doen, soos om tok tokkie te speel by die local ouetehuis en agter die naaste krag boks weg te kryp!! Of as jy nou al in jou tiener jare is na die naaste Wimpy (daar is seker net een) toe te gaan en 'n Black Label te loop drink...want by die Watergat vra hulle id's en die bouncer is Karel se pa!  Ek moet se as jy 'n twintig jarige raak loop in die Caltex se kafee sal hy jou darm kan aanwys na die "pie section" van die winkel.

As jy op Google in tik "moon bag" is dit wat jy gaan kry;

Noun
moon bag (plural moon bags)
   A small pouch attached to a belt that is worn on the outside of clothing around the waist and used for holding small personal items.
   She wears her moon bag every day on her morning jog.
    
Synonyms
   bum bag (British, Australian)
   fanny pack (US)

Translations
French: banane (fr) 

Wel duidelik is dit nie hoe ek ‘n moon bag leer ken het nie, want in ons land as jy met ‘n moon bag om jou middel lyf gaan hardloop en jy is ‘n vroulike… gaan die eerste naaste skelm jou ignoreer en maak of hy jou nie sien nie…want 1; hulle het nie geleer hoe om moon bags te snatch nie en 2; hy gaan hom beslis nie aan jou by die robot kan verkoop as ‘n handsak nie!!

Bum bag…?? Daar is ‘n rede hoekom die “British, Australian”  langs mekaar staan… albei verneem dat hulle die stigters is van primitiewe woorde, sportsoorte en albei het veriklike aksente.

Fanny pack?? Daar is defnetief ‘n rede hoekom “US”  aangewys word as die verkose verbruikers van die term… en dit sal wees om te verhoed dat Presidente nie beinvloed word deur hul kantoor handlangers nie.  Meskien as sy haar “fanny pack” aangehad het sou Bill nie die voorblad gehaal het nie.

Banane?? Ek dink ek laat die een oor aan jou eie diskressie…al wat ek weet is dat daar defnetief nie meer as 1 piesang sal inpas nie!



Het jy nog ‘n moon bag in jou kas?  Sal jy verkies dat Karel sy Pokemon kaarte daarin rond dra, sal jy laat jou vrou eerder met een rondloop as sy kafee toe stap of gaan jy volgende keer as jy in die “states” is ‘n fanny pack koop as jou skelmpie vra verras my as jy terug kom?
  


No comments: